Chloe Loubser

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Tuisdorp

Benoni

Skool

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Neola’s Boutique

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Toe ek die rok sien, het ek geweet dis die perfekte rok vir my! Dit is tydloos, elegant en anders. Ek kon myself wees met die rok, maar met meer selfvertroue. Met my rok wou ek ń impak maak om ń ongelooflike mylpaal in my lewe te vier.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok het my besonders mooi laat voel. Ek het die hele aand pragtig en gelukkig gevoel. Met elke kompliment was ek net weer verseker dat ek die regte keuse gemaak het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele aand was ongelooflik, maar ek sal altyd onthou toe my Oupa trane in sy oë gekry het toe hy my sien.

Planne vir na matriek

Ek gaan CA swat by NWU.

Gunsteling woord in Afrikaans

Afgryslik (lekker)

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media