Chizellė Botha

Oos-Moot

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur 'n plaaslike ontwerper dit is soft tulle bo lae en indo lining onder. 'n Mengelmoes van idiliese dagdromery deur my matriekjaar en alhoewel ek wou hê dit moet modern en vroulik wees het die ou siel binne my geweet dit moet tydloos en elegant wees. Die romp is gemaak van baie lae delikate, swart nylon kant en 'n romantiese snit wat hoog op aan die een kant gesny is. Die bostuk is gemaak van en is geinspireer deur die 'naked dress' en sit noupassend met sagte moue wat los oor my skouers val.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Voortrekker Monument

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag 'n rok hê wat my elegant en stylvol laat voel. Ek is van nature skaam en terug getrokke en wou hê my rok moet my sterk punte beklemtoon, my vel, my hare, my oë maar ook my sterk karakter en tradisie van vaste waardes.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het gehou van hoe my rok uitgestaan het, sonder om te skree vir aandag. Ek het gehou van die meisie in die rok, hoe ek gevoel het en die verlenging van my persoonlikheid wat uitgestraal het. Die materiaal op my vel en sag om my beweeg en die bietjie lyf wys het my opnuut laat besef dat ek 'n groot hoofstuk in my lewe afsluit. Die hoogtepunt was dat my dag 'n perfekte sprokie was en ek kon dit deel met goeie vriende en familie wat saam met my hierdie groot mylpaal kon vier.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media