Chiquita Salzwedel

Dr. WK Du Plessis

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het gegaan met ñ sweetheart neckline, dun straps en die hoë snit en natuurlik in rooi, ons het bietjie diamanté ekstra laat opwerk sodat hy net die rooi bietjie kon breek. En hy het sakke gehad, ñ absolute plus punt.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

23 Maart 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit was die eerste rooi rok wat ek aangepas het, ek wou gegaan het met rooi en ek het verlief geraak op hom, ons het toe besluit om met hom te gaan. Mens droom vir baie jare lank oor die tipe rok wat mens wil hê, maar tot jy nie rokke aangepas het nie, weet mens nie hoe jy gaan voel in hom nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hy het SAKKE! Maar net die manier hoe hy my laat voel het en hoe vleiend hy op my lyf gesit het. Ek het nie gedink ek sal met sulke tipe styl gaan nie, maar die oomblik wat ek hom aangepas het, het ek geweet dis wat ek wil hê.

Datum van matriekafskeid?

2023-03-23

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media