Chie-Ann Grahan

Hoërskool Montana

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Montana

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok was ontwerp deur Viola Chan en is gekoop by Bride and Co.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die insperasie agter my rok was om iets te dra wat die beste weergawe van myself gee en my laat selfversekerd en uniek voel.Die sagte pers kleur simboliseer sagtheid wat my geaardheid is.Die geometriese patrone op my rok simboliseer groei,verandering en die pad wat ek gestap het om by hierdie punt te kom.Elke patroon op die rok vertel ń storie van volharding,drome en selfvertroue.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was die heel eerste rok wat ek aangepas het. Na nog vele rokke wat ek aangepas het, het die rok bly by my spook. Op n stadium het ons besluit om te gaan kyk na rokmateriaal waar ek myself gevang het opsoek na dieselfde materiaal en kleur van die rok. Ons was drie keer terug na dieselfde rok en finaal besluit, dis my rok! Die sagte kleur,styl en patroon beskryf my persoonlikheid uitstekend. Ek is n persoon met min woorde, doelgerig wat aanhou probeer tot ek my doel bereik. Ek voel die patrone en sagte refleksie wat die rok uitbeeld is ek!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was my foto's omring met vliegtuie, helikopter, porche en my familie en beste vriende. Wat meer kan n meisie vra!

Planne vir na matriek

Ek wil graag na Matriek gaan studeer by die Universiteit van Pretoria. My mikpunt is om Tukkies te verteenwoordig in landloop by ASA en voort te gaan met Skaak, skaakafrigting te gee, asook my Arbiter kursus in skaak te voltooi. Dis n mond vol, maar iets waarna ek baie uitsien.

Gunsteling woord in Afrikaans

Ambisieus

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media