Chiara Vermeulen

Klerksdorp Hoërskool

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Klerksdorp Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Werner Dey Couture het my rok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Pienk, Pêrels en Perfeksie! Ek wou 'n rok hê met BAIE pêreltjies, want dit gee daardie sagte, luukse glans wat ek nog altyd bewonder het. En natuurlik moes dit pienk wees — my gunsteling kleur, een wat vir my sê: elegant, vroulik, en vol persoonlikheid. Die lyne en detail op die rok was vir my belangrik, want ek wou hê dit moes definisie gee. Dit moes nie net nog 'n rok wees nie — dit moes 'n rok wees wat 'n storie vertel. Elke lyn, elke versiering is daar om te wys dat ek anders wil wees, dat ek met trots staan in my eie styl. Ek het nie net 'n rok gedra nie — ek het my droom gedra.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok straal meer uit as net styl of skoonheid - dit dra 'n gevoel. Dit wys dat jy jou plek inneem met selfvertroue, sagtheid én krag. Die sagte pienk toon gee 'n gevoel van vroulikheid en drome, maar die fyn detail en elegante snit wys dat jy trots is op wie jy is en nie bang is om te skyn nie. Dit is die tipe rok wat nie net gedra word nie - dit word onthou. Dit vertel die storie van 'n spesiale oomblik, 'n mens wat mooi voel van binne én buite, en 'n herinnering wat altyd in jou hart gaan leef.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Was verseker nie net die aand nie, maar die hele aanloop van die proses. Die ontwerp van die rok tot die finale produk. Werner en Kalib sal vir ewig n blywende indruk by my agter laat. Dit was n ongelooflike “journey” gewees met soveel lewenslesse. Die foto sessie was n absolute hoogtepunt gewees! Te midde van wind, reën en storm was die sessie afgesluit met lekker lag en lewe!

Planne vir na matriek

Ek gaan by NWU studeer. BCom Industriële en Bedryfsielkunde.

Gunsteling woord in Afrikaans

Integriteit

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media