Chevonne Van Staden
Hoerskool Garsfontein
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoerskool Garsfontein
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Olive branch designs in Alberton
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het n foto online gesien en dit het my aandag baie getrek – die rok lyk soos 2 rokke ineen. Dit verteenwoordig volgens my die 2 kante van my persoonlikheid – die een kant klassiek en stylvol(die meer gereseveerde kant-my moeder is nogal n streng een, jy moet jou plek in die herargie van samelewing ken), die ander kant die glitz EN glam (die meer sprankelende /ek word nou grootmens kant).
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die beeld wat ek gehoop het dit sou skep was eks gereed om myself te kan uitleef om die beste weergawe van myself te kan wees. Dit het my ongelooflike selfvertroue gegee. Ek het soos n spaanse prinses gevoel.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek het besluit om nie n metgesel te neem nie, maar al die mans in ons vriendekring het soos een man saamgetrek om my matriekafskeid v my super spesiaal te maak. Die bestuurder van die motor het soos n chauffeur aangetrek, 2 van ons familie vriende en my peetpa het soos Mafia lyfwagte aangetrek, met speel gewere en my by Monte de Dios 'beskerm' soos n koningklike. Hul het die Bokke rugby opgegee om daar te wees v my. My stiefpa het videograaf gespeel om die hele aflaai af te neem, dit was super spesiaal. Die fotos saam my ma is nou nog die skermfoto op my foon. Die
memories Wat Ek gemaak het saam my hartsvriendinne sal verewig in my hart ge ets wees.
Planne vir na matriek
Ek gaan Nederland toe om v n ongelooflike gesin te au pair.
Gunsteling woord in Afrikaans
Lekker - ek gaan gereeld oorsee en 80% van die tyd is dit die eerste woord wat jy iemand van n ander taal Kan leer.
Datum van matriekafskeid
2025-10-04