Chestíne Bezuidenhout

Chestíne Bezuidenhout Chestíne Bezuidenhout Chestíne Bezuidenhout

Ouderdom

17

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My grootste inspirasie was om iets te dra wat heeltemal uniek en nog nooit regtig tevore gesien was by 'n matriekafskeid nie. Van kleins af was ek behep met mode en haute couture. Haute couture klere daag juis standaarde/verwagting van kleredrag uit. Jaarliks sien ek meisies met soortgelyke rokstyle en kleure by 'n verskeidenheid ander matriekafskeide. Ek het net besluit aangesien dit 'n eens in 'n leeftyd aand is en ek die voorreg het om my droomrok te skep ek nie gaan terug hou met my idees nie en het inspirasie gevat van modehuise wat altyd unieke en buitengewone klere elke seisoen uitbring. Ek het ook my persoonlike styl ingebring - iets goties, bietjie 'edgy' maar steeds elegant met 'n druppel drama wat mense laat wil twee keer kyk. Haute couture gemeng met 'n elegante, gotiese en speelse styl het my gelei tot my finale produk.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media