Chenel Van den Berg
Hoërskool jeugland
Tuisdorp
Kempton park
Skool
Hoërskool jeugland
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok gekoop my YDE , dit was bekostigbaar omdat ons 3 meisies in die huis is wat in matriek is , ek wou nie baie geld op my rok spandeer nie . N bekostigebare rok kan nogsteeds mooi en elegant lyk . Mense kyk nie van hoeveel jy op jou rok spandeer het nie , maar eerder van hoe dit by jou lyk en pas .
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Van af ek in graad 8 was het ek geweet ek wil my matriek afskeid rok geel hê . Ek het aan die begin n swart rok gehad want ek het geweet wat by my pas , maar die oomblik toe ek die geel rok sien het ek geweet dit moet my rok wees . My rok inpirasie het ook van die fliek “ anyone but you “ van daan gekom , my rok is net die geel vergawe en ek het geweet dit was perfek .
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit beteken dat ek myself kan wees , hoogte punte kan wys van wat ek van myself hou . Mooi kan voel in my rok en gemaklik kan wees .
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Al die afsprake , opgewondenheid vir die dag vir wat ek 5 jaar gewag het , het uiteindelik gekom . Die oggend van matriekafskeid met die make-up en die aantrek . Waar ek al my vriendinne kon sien in die beste van wat hulle is , hoe mooi hulle gelyk het en om net tyd te spandeer met hulle , die laaste bietjie wat ons saam het .
Planne vir na matriek
ek wil graag kriminologie gaan swat en dit verder vat .
Gunsteling woord in Afrikaans
vertroubaar
Datum van matriekafskeid
2025-10-18