Chenel Sequeira

Hoërskool Florida

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Pienk,pienk en pienk. My matriekafskeid rok was my drome gecopy en paste. Ek het met n fantastiese ontwerper gewerk wat my soos n prinses uit n sprokiesverhaal laat voel het. Ek wou iets uniek gehad het, iets wat niemand anders sal hê nie. Die kant op die korset het ongelooflike "detail" gehad van blommetjies met steentjies tot pêrels. My ontwerper het uit haar pad gegaan en vlinders met die hand geverf vir die "off-shoulder" moue. Die rug is oop en gee mens net daai extra hupstoot vir self vertroue.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Florida

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af het ek dress-up gespeel. Rokke,handsakke en hakskoene. Ek was nog altyd verlief op die idee om soos n prinses te lyk en te voel. Ek het altyd geweet ek soek ñ pienk rok. Ek het vir lank na verskeie rokke gekyk op pinterest en n skets in my gedagtes ontwerp. Toe ek my ontwerper vind het sy my gedagtes net so op papier geskets en toe ñ realiteit van my drome gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek kan nie kies nie! Van die moue wat sag val oor die arms met die 3D vlinders tot elke pêrel in die kant van die middel. My ouma het die kant gekies en mens sou nooit beter kon vind nie. Dit het die mooiste blommetjies gevou uit lint afgerond met n klein diamant in die middel van die blommetjie. Die romp bestaan uit verskeie skakerings van pienk en elkeen kry sy oomblik van glorie wanneer mens beweeg.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media