Chené Reyneke

AHMP

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

AHMP

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

“Youthful” My inspirasie was hou dit jonk en fun om iets te dra wat gelyktydig stylvol, tydloos en uniek is. Ek wou hê die rok moes my persoonlikheid weerspieël elegant, maar met ’n bietjie DRAMA. Die emerald groen kleur is geïnspireer deur die natuur en simboliseer groei en nuwe begin, terwyl die swart pailletdetail ’n gevoel van misterie en sofistikasie gee. Ek wou iets hê wat nie net mooi is vir die aand nie, maar ook vir my betekenis het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die SAKKE ! My gunsteling deel van my rok is die manier waarop die lig oor die paillette speel dit laat my voel asof ek letterlik straal. Dit herinner my daaraan dat harde werk en drome altyd ’n bietjie glans verdien. Op die dag het my ma Ed Sheeran se “Sapphire” vir my gespeel, dit was so perfek en vol betekenis, amper asof die lied vir daardie oomblik geskryf is. En ook die versierde broekie wat meer karakter bygevoeg het, dit was die klein detail wat die geheel net meer eie en speels gemaak het.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media