Chenais van Niekerk

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die ontwerp was ń passende korset bo-stuk vas aan ń wye net en satyn romp gedeelte. Die korset is ryk geborduur met drie demensionele kantblomme in kleure komplimenterend tot die diep pers kleur van die rok, die bo-stuk van die rok is verder verryk met blink skitter steentjies. ń Hoë spleet is regs-voorop die romp aangebring om ń bietjie been te wys.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om nie net nog ń klassieke, “Ek ook” rok te skep nie. Die kleur was my eerste inspirasie, omdat ek weet dat pers my velkleur goed pas. Die pragtige pers kleur wat Pretoria se Jakarandas in Oktober dra was ń verdere inspirasie vir die diep pers kleur van my rok. My borrelende, uitgaande en sonskyn persoonlikheid was verdere inspirasie vir die ryk blom detail op die rok se bo-stuk. My liggaamsfiguur is ń tipiese uurglas vorm en die styl van my rok moes my dun middel komplimenteer. Die keuse van ń passende bo-stuk met ń wye romp gedeelte het perfek in hierdie doelwit geslaag. Die hoë spleet aan die voorkant het gesorg dat ek net genoeg been wys vir die rok om interessant te bly.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die ryk geborduurde bo-stuk detail met blink skitter steentjies met slegs een skouerbandjie was beslis my gunsteling. Ek het soos Aspoestertjie by die Bal die hele aand gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media