Chelsey Duiker

Malibu High, Bluedowns

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was ontwerp deur die befaamde Kaapse modeontwerper- Ricky van Erique Contemporary Designs, wat ook my afrigter is vir Skoonheidskompetisies. Ek doen graag skoonheidskompetisies as n stokperdjie en toe ek die Mej Heelal Thailand 2023, Anntonia Porsild, se rok gesien het het ek onmiddelik vir Ricky gese ek "love" die rok verskriklik baie. Omdat Ricky my persoonlikheid ken en weet waarvan ek hou- het hy onmiddelik begin met die ontwerp van my rok en het na materiaal gaan soek wat gaan pas by my. My rok bestaan uit vleeskleur net onderlae met n broekie in, waar die bolaag op geborduur is met die hand, met n "beaded tulle". Die bostuk van my rok is ook met die hand geborduur en krale ingewerk, met swarovski kristalle wat die neklyn, skoers en rug afrond. My rok bestaan uit n 2de deel, 'n oorromp wat maklik afhaalbaar is. Die romp het verskillende lae in skakerings van blou na ivoor kleur nette.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Malibu High, Bluedowns

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok is natuurlik my passie en liefde vir skoonheidskompetisies as n stokperdjie tans, wat ek graag deel van my loopbaan wil maak vir my toekoms, wanneer ek gaan studeer. Die oorromp van my rok met verskillende lae in skakerings van donkerblou na ligte blou en ivoor nette, is geinspireer deur die see. Hoe dieper jy ingaan hoe donkerder raak dit, maar met dit kom daar kalmte. Die donkerblou verteenwoordig beheersaamheid en verantwoordilikheid, waar die ligteblou menigte kere weer kalmte en vreedsaamheid simboliseer kan dit ook geassosieer word met betroubaarheid. Die sagte voorkoms van ligblou na ivoor, maak dit vleiend met n sagte en kalm gevoel wat dit gee. Alhoewel blou geassosieer word met manlikheid- in algemeen- gee dit die gevoel vir my van jeug, onskuldigheid en kinderlik. En dit alles praat van die tipe mens wat ek tans en my persoonlikheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

my hele rok was vir my alles watr ek wou he. as ek moet kies sal dit seker die bostuk van my rok moet wees.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media