Chelsea de Witt

Hoërskool Sasolburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n baie natuurlike, vloeiende rok gehad het wat die vorm van my lyf komplimenteer, maar steeds 'n sagte, romantiese voorkoms geskep het. Ek is mal oor die natuur en wou dit in my rok inbring deur middel van fyn blaaragtige details op my bo-stuk. My rok is deur die talentvolle ontwerper, Jason, gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is 'n hopeless romantic, wat die natuur en die fantasie van sprokiesverhale bewonder en wou dit graag in my rok laat weerspieël. Ek wou elegant, soos die elfkoningin in "Lord of the Rings" lyk, wat die sagmoedigheid van self is. Die moue van my rok dra by tot die vloeiendheid van die rok as geheel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is beslis die moue. Dit maak net die rok! Dit het 'n sekere "magiese" element wat dit bydra tot die rok wat my sprokiesverhaal laat waar word.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media