Chazelle Pienaar

Duo Edu

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit was vir my belangrik dat my ontwerper Roedolf D Couture my karakter goed verstaan,hoe ek myself wou uitdruk sodat dit my persoonlikheid die beste na vore sal bring. Ek wou fyn en ellegant lyk. Ons het gespeel met verskillende teksture en n paar lae materiaal, want ek hou van die kontras en beweging wat dit skep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek glo daar is liefde in elke rok!! My droom was bloot die liefde,sorg en detail wat daarin gesit is, dat ek gemaklik moet voel om in die rok te wees, dit moet lyk of dit net vir my gemaak is,my persoonlikheid moet daarin vasgevang word en dit moet pas by wie ek is en my toelaat om myself te wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het die hele proses geniet van die patroon optrek tot sny en stik en was omtrent soos n kind in n lekkergoedwinkel wanneer ek elke passing by gewoon het. Die Detail voor op my rok met kant van silver en sagte pienk en glinsterende silver materiaal op die bo stuk van my rok, pragtig soos n prinsessie met n lang slit in die middel van my rok en bling om die middeltjie het my spesiaal,uniek en enig van my soort laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media