Charne van den Berg

Hoërskool Oos-Moot

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Oos-Moot

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die tannie wat my matriekafskeidrok ontwerp en gemaak het is Miems Snyman van Perfectwear. Sy is iemand besonders, sy het al van ek klein was gesê dat sy eendag my rok gaan maak, en nou het daardie droom waar geword. Sy het nog altyd ’n liefde vir mode gehad en het deur die jare vir soveel mense in ons familie klere gemaak, van trourokke tot dooprokke. Daar is iets besonders daaraan om te weet dat iemand wat my van kleins af ken, hierdie spesiale rok met soveel sorg en liefde gemaak het. Dis nie net ’n rok nie. Dis ’n stukkie familiegeskiedenis, vasgewerk met draad en herinneringe.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir hierdie rok het gekom uit die idee van selfvertroue, vroulikheid en groei. Ek wou iets hê wat wys hoe ver ek gekom het van ’n klein dogtertjie wat altyd gedroom het van haar matriekrok, tot ’n jong vrou wat nou haar eie lig uitstraal. Die ryk rooi kleur simboliseer krag, passie en liefde, en die sagte detailwerk herinner my aan die sorg en liefde waarmee dit gemaak is. Hierdie rok is meer as net materiaal en kleur, dis ’n weerspieëling van my reis en my drome

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok dra vir my ’n betekenis wat veel dieper gaan as net mode of styl. Dit verteenwoordig ’n tyd van groei, van om my eie identiteit te vind en met trots daarin te staan. Wanneer ek hierdie rok dra, voel dit soos ’n viering van alles wat ek oor myself geleer het - my drome, my krag en my sagte dele. Elke steek vertel ’n storie van herinneringe, familie en geloof in wie ek vandag geword het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt was toe ek en my vriende uiteindelik bymekaar was, laggend, dansend en net besef het dis ons laaste groot aand saam as skoolkinders. Alles het so perfek gevoel – die musiek, die mense en die atmosfeer

Planne vir na matriek

Om LLB te gaan studeer

Gunsteling woord in Afrikaans

Kolwyntjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media