Charlotte Buhr
Potchefstroom Gimnasium
Ouderdom
18
Skool
Potchefstroom Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Hierdie rok is alles drama, beweging en fun! 🎀 Ek wou iets hê wat uitstaan — groot, vol en ongelooflik flambojant. Die helder warm pienk kleur trek onmiddellik aandag en gee die rok daardie “wow”-faktor wat niemand kan miskyk nie. Die lae tulle vorm ’n speelse patroon wat lyk soos wolkies van kleur wat om my dans. Elke vou en frilletjie bring nog ’n bietjie lewe en energie in die ontwerp. Dis die perfekte kombinasie van glam, kleur en girly chaos — presies soos ek dit wou hê!💖💖
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd geweet ek wil ’n dramatiese rok hê — ’n ware “show-stopper” — so dit was “go BIG or go home”
Ek het inspirasie gekry van die Amerikaanse ontwerper Sheri Hill, en my romp is plaaslik gemaak deur ’n rompontwerper in Rustenburg. Tulle was die ooglopende keuse van materiaal, want dit het die dramatiese effek geskep waarna ek gesoek het. My ma en ek het die onderrok en boobtube self gemaak.💖
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van die rok was beslis die romp — vol, dramaties en sprokiesmooi. 💖 Dit het die hele voorkoms lewe gegee! ✨
Datum van matriekafskeid
2025-10-02