Chantone Britz

Leeuwenhof Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur die talentvolle Nadia May van Alberton. My rok is uit sequence gemaak wat soos n corset aan my lyf sit. Met die sequence is dit so ontwerp dat dit in n mooi en elegante manier in vloei aan die onder buite kant van my rok wat uit verskillende tipe nette bestaan van die plum kleur. Van die nette was die normale plum kleur en ander het net "glitter" wat die rok mooi gekomplementeer het. Die bokant van my rok en my "slit" van die rok was uitgeknip op n spesifieke patroon wat defnitief uitdagend was vir ons ontwerper om seker te maak dat als saam mekaar kan invloei en mekaar komplementeer. Ons het n mou bygevoeg op die rok net om n bietjie meer detail in die rok te sit asook om dit af te rond.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Leeuwenhof Akademie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kunsbeen af is dit n droom vir n meise om eendag soos n prinses te voel en die perfekte geleentheid is jou matriekafskeid waar jy jare aan jou rok kan droom en werk. Ek was nog altyd mal oor skoenlappers en hulle verskillende kleure en ek het n rok gesoek wat sulke tipe effek sal afgee maar ekt geen idee gehad hoe om so tipe rok te laat werk nie en eendag sien ek die foto op Pinterest van Gigi Hadid se met gala look en my hart het gespring van blydskap want ek het geweet dit is my rok. Die rok gee die effek van n gevoude skoenlapper. Ek het gegaan met al die "bold" kleure wat die effek gegee het van Hollywood waar als net SPARKLES is. Die kleure was ook gekies om my ligte vel te kan komplementeer asook my hare en oë. Ek wou my rok "bold" maar ook elegant gehad het en wat niemand sou verwag het nie want dit is nie elke dag wat mens so styl sien nie. My matriekafskeid was so spesiaal met die perfekte dag want ek het gevoel soos n skoenlapper wat haar vlerke kan sprei!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeid rok was defnitief die kleure wat met my vel gekontrastreer het asook die styl van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-06

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media