Chanté Venter

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Uniek, stylvol en gedrewe som my droom matriekafskeidrok, haarstyl, juwele en persoonlikheid op. My ontwerpkeuse was een van elegansie en styl. Ek wou voel en lyk soos die droom wat ek gehad het toe ek in graad 8 met bewondering na die matriekdogters in hul pragtige skeppings gekyk het. Ek wou 'n klassieke voorkoms skep en het my bykomstighede so gekies dat dit perfek by rok pas. Die geometriese vorms van driehoeke en lyne sorg vir 'n unieke fokuspunt. My haarstyl, grimering en juwele was tydloos en die fotografie het my mooiste herinneringe in perfekte prentjies vasgelê.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Beeldskone Harnaaz Shandhu, model en aktrise, was my inspirasie vir die totale prentjie wat ek in gedagte gehad het, op die dag van my matriekafskeid. Van haar kroontjie tot haar toontjie was sy stylvol en klassiek in haar voorkoms. In haar skoene wou ek stap!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok is gemaak uit twee tipes kant en die besondere materiaal was die gunsteling deel van my rok. Die geometriese herhaling van patrone en lyne het my binneste, op die dag van materiaalkeuse, laat borrel! Hierdie ontwerp het sonder twyfel, my drome oortref!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media