Chanté Swanepoel
Hoërskool Fichardpark
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Fichardpark
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die ligte blou kleur simboliseer rustigheid enkalmte. Dit is 'n vars en mooi kleur wat jou sal laat uitstaan op jou spesiale dag. Die rok van satin met sagte tulle vir sagte romantiese wye romp wat mooi val en gemaklik is om in te dra en is afgerond met couture kant met krale detail. Hierdie materiale gee 'n tikkie luuksheid en sorg vir 'n vloeiende beweging. Die styl van die rok is baie gewild, aangesien dit 'n flatterende vorm vir baie liggaams tipes bied. Die couture kant met krale detail rond die rok baie mooi af en skep die uniekheid van die rok. Die kant gee 'n verfynde, elegante voorkoms aan die rok, wat die look meer spoggerig maak.Kant het dikwels 'n romantiese en dromerige gevoel, wat baie geskik is vir 'n spesiale geleentheid soos 'n matriekafskeid.
Hierdie het my gehelp om my rok uniek en spesiaal te maak vir my matriekafskeid!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeit rok kom van n foto wat ek gesien het terwyl ek opsoek was na idee's vir n matriekafskeit rok, ek het besluit dit is wat ek wil hê, want die ligte blou is eenvoudig my gunsteling kleur, en die afronding met couture kant met krale detail op die rok, is nie te veel nie en ook nie te min nie. Dit voel vir my soos n unieke rok, wat ek nog nie baie gesien het nie, en daarom het dit my inspireer om dit te maak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my matriekafskeit rok sal verseker die detail van die krale wees, want die wit staan uit op die blou, want dit anders maak. Die corset deel wat afgerond is met couture kant met die detail van die krale is vir my baie mooi. Natuurlik is die ligte blou kleur my gunsteling.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03