Chante Prinsloo

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit was vir my belangrik om stylvol sowel as gemaklik te wees. Ek wou jeugdigheid en styl uitbeeld! Natasha kon hierdie twee elemente so mooi bymekaar bring. Ek het nog altyd geweet dat ek baie detail op my skouer wou hê, 'n enkel mou asook 'n fokus punt op my maag. En wat is 'n matriekafskeidrok nou sonder 'n bietjie van 'n sleep....

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Noordheuwel

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is 'n atleet en gewoonlik net in oefenklere, dus was hierdie nou my geleentheid om bietjie te eksperimenteer met baie "bling". Ek dra al hierdie prentjie vir 'n geruime tyd in my kop en kon nie wag om dit te sien realiseer nie. Die kleur van my rok was oorspronklik 'n skakering van groen, maar toe ek hierdie blou lap sien kon ek die rok nie anders visualiseer nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was definitief die oop middel asook die detail op my skouer. Die gemak van die rok en natuurlik die kleur het van die aand 'n sprankelende geleentheid gemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media