Chanté Fourie

Hoërskool Eldoraigne

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoërskool Eldoraigne

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Sune Couture in Centurion.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is versot op skoenlappers en dit was die groot inspirasie vir die rok. Die rok se ontwerp beeld vlerke uit en het ook baie klein skoenlappers op.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit simboliseer die groei vanaf 'n larwe (skoolkind) na 'n vlinder (grootmens word) waar ek hoog kan vlieg en kan word wie ek moet wees in my lewe en kan sweef op Jesus se genade.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die aankoms gaan beslis my hoogtepunt wees. Die afwagting maak my opgewonde.

Planne vir na matriek

Ek beplan om Somatologie te gaan studeer by Isa Carstens in Menlopark.

Gunsteling woord in Afrikaans

Vlinder

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media