Chantal Roux

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek en Marilize van Dyk het saam die rok ontwerp en gemaak. Dit was lekker om te sien hoe die familie projek so mooi uitgedraai het. My rok is van die swartste swart satyn gemaak met ‘n pragtige verskeidenheid van kralletjies. Dit het vleiende lyne wat ‘n mens se oog lei en ‘n korset-tipe rug. ‘n Elegante rok, wat gemaklik sit, nie op die grond sleep nie en vir ‘n mens die selfvertroue gee om die wêreld aan te vat.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ek het Hoërskool Waterkloof se matriekafskied, met ‘n tema van Phantom of the Opera, bygewoon. My elegante rok het gepas by die tema, en het my laat voel asof ek self na die opera gaan.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was ‘n kombinasie van verskillende aspekte. My groen oë het ‘n groot rol gespeel. Ek wou gehad het my rok moet die groen van my oë uitbring. Ek hou van iets wat skitter in die son, maar dit moet nie te veel wees nie, dié rok was net reg!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is die vleiende kralletjie lyne. Die kant en kralletjie werk het so mooi en lekker gelyk dat Jo (my perd) gedink het dit is kos ;)

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media