Chanel Hope

Hoërskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het gesoek na ‘n rok wat my persoonlikheid die meeste uitbeeld. Uitdagend, sprankel in kleur en gemaklik. Iets wat my lyf en lengte komplimenteer. ‘n kleur wat ‘n aanwins sou wees vir my blas vel. Ek wou anders wees as die res van die meisies by die skool. Die grootste keuse wat uitgestaan het vir my was geel en maar het toe besluit op ‘n helder oranje en materiaal wat vloeiend was. Dit was defnitief die wenner. Ek het op pinterest idees gesoek en die snit van die rok het my oog eerste gevang. Die ontwerper het ‘n fantastiese werk gedoen wat my gemaklik en sprankelend laat voel het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Nelspruit

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets doen wat mense sou stom slaan… ’n “take my breath away” moment. Dit moes defnitief ‘n “statement” maak. Ek het ‘n rok van my drome gehad. Gemaklik, stylvol, komplimenterend vir my lengte en lyf. Die perfekte kleur palet. Dit het alles uitgebeeld wat ek wou hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die korset gedeelte was baie gemaklik, en het my postuur goed beklemtoon. Die slanke voorkoms het my persoonlikheid en selfvertroue perfek uitgebeeld. Uitdagend, vloeiend en helder. Die materiaal was koel, gemaklik vloeibaar met ‘n vleiende hoë snit.

Datum van matriekafskeid?

2023-07-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media