Chané van Zyl

Hoër Meisieskool Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Rooi…ń woord wat soveel emosie simboliseer. So eenvoudig, tog so elegant en kompleks. Die mooiste betekenis van die kleur rooi vir my is liefde. Liefde oorkom alles en dit is die element wat hierdie wêreld die meeste nodig het. Die diepte en betekenis van die kleur rooi het my dadelik aangetrek na hierdie rok. Die styl is eenvoudig, maar tog opwindend. Ek dink hierdie rok stel nogals my geaardheid baie goed voor…net soos die styl van die rok eenvoudige lyne het met die srtrik wat drama skep, is ek ook iemand wat baie reguit is oor wie ek is en ‘what you see is what you get’, maar as jy braaf genoeg is om my op ń dieper vlak te leer ken sal jy die dramatiese en komplekse dele van my ook gou leer ken, net soos die strik op my skouer vanaand. Dit is juis daardie komplekse dele wat my menswees maak en my anders maak as die res. Ek dink ń dame in ń rooi rok met rooi lippe is reg om alles aan te pak. Ek wil graag die woorde van Audrey Hepburn aanhaal: “There is a shade of red for every women”.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd ń passie en liefde vir mode en elegante style. Ek glo sterk dat ń dame se styl en kleredrag boekdele spreek van haar menswees, karakter en hart. Dus glo ek dat jy jou klere moet dra en lewe gee aan jou klere en nie andersom nie. Ek het altyd geweet ek wil ń unieke en elegante rok aantrek wat my as mens goed voorstel en my mooiste dele beklemtoon, en toe ek hierdie rok sien het ek dadelik geweet dat dit die een is. Ek wil ook baie dankie sê aan my wonderlike ontwerper: Frenticia. Daar is eerlikwaar nie genoeg woorde in die Afrikaanse woordeskat om vir haar my opregte waardering uit te spreek nie. Sy is net die beste en sy het die uitsonderlike vermoë om elke dame soos ń ware prinses te laat voel en hulle drome waar te maak. Ralp Lauren het gesê: “I don't design clothes, I design dreams”. Hierdie woorde beskryf vir my Frenticia se menswees en hart so mooi.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is beslis die strik op my skouer. Dit is die element wat my rok uniek maak en dit laat pas by my persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media