Chané van der Westhuizen

Hoërskool Durbanville

Tuisdorp

Durbanville

Skool

Hoërskool Durbanville

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok saam met tannie Eldie Marais, my graad 8 registeronderwyseres, gekonseptualiseer. Sy het dit self gemaak en presies vasgevang wat ek in gedagte gehad het!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

’n Leë canvas wat “bedazzle” is - iets eenvoudig maar vol detail, wat wys hoe klein dinge iets besonders kan maak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit simboliseer die afsluiting van ’n spesiale hoofstuk. Dit vang al die goeie herinneringe en unieke oomblikke van my matriekjaar vas.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Definitief die aankoms! Om saam met my vriende ons uitrustings te wys aan al ons familie, onderwysers en mede skoliere. Dit was só ’n spesiale oomblik.

Planne vir na matriek

Ek beplan om by die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer en sien baie uit na die nuwe avontuur wat voorlê!

Gunsteling woord in Afrikaans

Biltong

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media