Chane Smith

DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het vir my rok besluit dat ek vir iets heeltemal anders en nuut gaan vir my. My matriekafskeidrok is een van drie verskillende ontwerpkeuses wat ek van gehou het. Ek het navorsing gedoen oor verskillende rokke en van die idee gehou om 'n rok te dra wat uit twee dele bestaan. Na baie navorsing en verskillende dele van rokke bymekaar pas het ek hierdie ontwerp gekry. My rok se ontwerp bestaan uit twee dele: die top wat af die skouer moue het en ook nie tot met my romp afgaan nie en my romp wat 'n slit aan die linkerkant het asook 'n trein wat agter om my rok nog lengte en 'n ekstra element te gee. Ek het ook sakke in my romp laat sit met 'n bandjie aan die onderkant van my trein vir wanneer ek dans. My rok bestaan uit twee verskillende materiale met die romp wat eenvoudig is en my top wat altwee materiaal bevat wat die blinkers en "beading" bevat.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie begin van ek wat nie dieselfde wil doen soos meeste rokke nie, maar eerder in 'n rigting gaan wat mense baie skaars kies en iets nuut probeer. Vir my matriekafskeidrok het ek baie navorsing gedoen aanlyn om te sien wat gedoen was en die verskillende style wat daar buite was. Ek het klomp verskillende rokke al gesien vir jare in flieks wat ek met my ma gekyk het soos Pretty Woman en 27 Dresses en wou 'n onderwerp styl wat ook so mooi soos daai rokke lyk. Ek wou uitstaan met die idee van my matriekafskeidrok en 'n onderwerp kies wat ek vir jare nog sal van hou asook weer kan gebruik. Daarom het my inspirasie ook gekom van die twee dele rok, want ek sal die top nog na 'n funksie met 'n netjiese broek kan dra. Ek het gevoel dat 'n mens net een keer matriekafskeid gaan beleef en daarom wil ek my droomrok maak met alles waarvan ek hou.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is die feit dat dit nie een rok is nie, maar uit twee dele bestaan. Ek sal my rok dan weer kan gebruik soos die top weer met 'n netjiese broek te dra. Nog 'n deel is die "detail" wat in die tweede materiaal bo in my top is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media