Chané Pienaar

HTS Witbank

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My keuse was 'n een-skouer, korset rok wat agter toeryg met 'n stylvolle strik op die skouer. Die rok het die mooiste detail en 'n lang onderkant met 'n sleep van mooi glitter materiaal. Vir my was dit beslis iets anders, maar nogsteeds elegant en modern.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HTS Witbank

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Meeste meisies droom van hul matriekafskeid, en toe ek in Graad 3 was het ek al begin droom en my eie rok "ontwerp". Dit was 'n een-skouer rok en ek het daarby gekryf "die rok is rooi". My ma het al die jare daardie prentjie gebêre, en toe ons begin kyk na matriekafskeid rokke het sy weer die prentjie uitgehaal. Ek het dus al van Graad 3 af geweet ek wil n rooi, een skouer rok hê. Toe ons rokke gaan aanpas, het my ontwerper al die verskillende dinge waarvan ek gehou het, in een ontwerp gekombineer. Toe ek haar tekening sien, het ek geweet dis die perfekte rok vir my!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek moet eerlik sê: "My hele rok!" Van voor af is dit die korset met so baie mooi detail, en die rooi strik op my skouer wat my ekstra vroulik laat voel. Die agterkant is iets so spesiaal en uniek met twee bandjies oor my rug. Ek is ook mal oor die onderkant met die sleep wat als mooi af rond. En natuurlik die kleur, hoe rooier hoe mooier!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media