Chané Kotzé

Hoërskool Schweizer Reneke

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die idee van my rok het in 2019 toe ek in Graag 8 was ontstaan en het al deur die jare verander totdat ek in Februarie 2023 met my eerste afspraak by my wonderlike ontwerper Ernst Schutz (Ernst Schütz Exclusive) op die rok besluit het wat ek gedra het op my Matriekafskeid op 26 September 2023. Die rok gee die regte "Brigeton" beeld van die korset tot met die detail op my rok. Ek het al vanaf vroeg geweet dat ek graag moue op my rok wou gehad het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

26/09/2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om my soos 'n regte prinses te laat voel en ook te laat voel asof ek die mooiste en belangrikste meisie was wat op ons matrieksfskeid was. Dit was vir my belangrik dat ek 'n rok ontwerp het, wat my persoonlikheid uitbeeld en komplimenteer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Om vir my te vra wat die gunsteling deel van my rok was, is soos om vir 'n ma te vra wie haar gunsteling kind is. Dit is onmoontlik want elke deel van my rok is beeldskoon op sy eie manier. Van die manier hoe die knope gebruik is om die rok vas te maak tot met die "boning" op die onderkant is so uniek en spesiaal. Maar die een ding wat vir my verseker uitstaan van my rok is die kleur wat gekies was op die einde Die persone wat gehelp het om my dag so spesiaal te maak was as volg gewees: Ontwerp en maak van rok : Ernst Schutz van Ernst Schütz Exclusive Fotografie : Corné van Niekerk Photography Grimering : Bi-Ju-Tiful Hare : Danika's Salon

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media