Chané de Jager

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek kon nie besluit tussen ‘n wye prinses rok of ‘n nou elegante styl nie. Ek het ‘n prentjie in my kop gehad van beide en Shené Vyver Couture het my gehelp om my droom rok te ontwerp en het letterlik my droom verwesenlik! Nog ń rede hoekom ek besluit het op die 2-in-1 rok is sodat ek die sleep kon afhaal wanneer ek besluit om die dansvloer aan te durf , wat my gunsteling deel van die aand was! My rok het my soos n prinses laat voel! Ek het verseker “best of both worlds” gehad!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Monument

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die kleur van die jaar vir 2023 is Viva Magenta wat beskryf word as dapper en vreesloos. Dit is kwaliteite waarna ek streef en dis waar ek die inspirasie vir die kleur van my rok gekry het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis baie moelik om net een deel uit te sonder want elke klein ‘detail’ vorm deel van die mooi prentjie! Die afskouer effek en fyn ‘detail’ aan die bokant van die rok! Die besonderse materiaal! Die aparte, wye , “glitter tulle” romp! Definitief ook die besonderse kleur! Al hierdie faktore het bygedra tot ‘n asemrowende rooitapyt ervaring op die aand van my matriekafskeid met toeskouers wat in verwondering na my rok gestaar het! Dit was ‘n baie spesiale oomblik wat ek nooit sal vergeet nie!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media