Chandre

Potchefstroom Gimnasuim

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Potchefstroom Gimnasuim

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my matriekafskeid rok by die beste ontwerpster Anel Botha in Johannesburg/Klerksdorp ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Van graad 1 af waar ek altyd saam met my ma na Anel Botha se Couture toe gegaan het vir haar spesiale geleenthede,het ek altyd geweet dat ek my matriekafskeid rok en eendag my trou rok ook by haar sal wil laat maak.Die jaar en die dag het uiteindelik vir my aangebreek om my droom rok in ń werklikheid te laat verander.Jaar na jaar het ek matriekafskeide gaan besoek om my kleur te kry wat spesiaal en uitsonderlik vir my sal wees.Tydens ons eerste afspraak het ek met Tannie Anel gesit en gesels en sy het presies my droom rok vas gelê op skets papier.My mond het behoorlik oop gehang hoe sy so jare se drome oor my rok in net ń paar minute so kan vasvang.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok het werklik my hele persoonlikheid weerspieël alles van die kristalle wat met die hand vas gewerk is,wat soos ń waterval in my rok se sleep in verdwyn tot die pragtige helder oranje kleur wat met ń ondertoon van rooi omhels word.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dit was vir my definitief die mooiste om al die meisies daai dag in hulle sprankelende rokke te sien wat van hulle elkeen se smaak gemaak is.

Planne vir na matriek

Ek wil graag gaan en my passie gaan uitleef deur regte te gaan studeer by die NWU deur toelating teverkry as ń advokaat na voltooiing van my graad.

Gunsteling woord in Afrikaans

Dienooreenkomstig

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media