Chalista Strombeck

Hoërskool Oosterland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n roosgoud, romantiese aandrok wat pragtig en elegant is. Die rok is vervaardig van 'n pragtige chiffon met 'n sagte warm metaalglans wat die lig vang en 'n glansende effek skep. Die rok is kort aan die voorkant en het 'n vloerlengte sleep wat deursigtig is en plooie maak met 'n ontwerp van blomme wat oorvleuel. Die agterkant van die rok is bedek met 'n deursigtige chiffon. Die bolyf van die rok het delikate kralewerk wat pragtige blomme maak met oop skouers. Die rok het ook lang, sagte fladderiese moue wat ook deursigtig is en skep 'n vroulike voorkoms met fyn, sagte oorvleuelende blomme in die materiaal.Die moue kom tot by my gewrigte wat die elegansie beklemtoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was dat die rok by my persoonlikheid moet pas- 'n sagte geaardheid wat mense se aandag trek, daarom het hierdie rok perfek gevoel met al sy elegansie en romantiek. Die rok se ontwerp is besonders, uniek en enig in sy soort wat onvergeetlike herinneringe skep.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die bolyf is by verre my gunstelling deel van my rok. Die bolyf is soos geen ander rok nie, dit is uniek met blomme oor die bokant versprei en blomme wat in 'n stringetjie afhang. Die rok is 'off-shoulder' en komplimenteer my skouers en my nek. My arms is baie beweeglik in die rok wat gemaklikheid in prag skep.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media