CAYLIN WITBOOI

Protea Heights Academy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeid was defnitief beïnvloed deur die feit dat ek baie gemaklik daarin wou wees. Dit moes stylvol wees, maar nie oordoen nie. Daarom die besluit op 'n balrok, dit bring die wow faktor vir my. Die feit dat die rok van Duchess satyn gemaak is, het bygedra tot die stylvolheid vd rok

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As 'n jong dogtertjie was my gunsteling film altyd "Beauty and the Beast". Ek het my verkyk aan hoe elegant Belle se rok was en ek het altyd geweet ek wou eendag self daardie tipe elegansie hê met my eie rok. Ek het geweet die matriekafskeid sou die perfekte geleentheid wees om dit te kan doen. Dit was toe net die kleur wat ek moes op besluit. Gelukkig het ek alreeds 'n groot mate van gemak gevind met die kleur swart. Van daar af was my rok uitgesorteer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel vd matriekafskeid rok was defnitief die neklyn en die moue. Dit het die rok 'n uiters stylvolle voorkoms gegee. Ek het behoorlik gevoel soos 'n prinses!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media