Cayla Pretorius

Hoërskool Wonderboom

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Wonderboom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Bridal Botique in Montana Pretoria hetbdie rok vir my ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rooi matriekafskeid rok is vir my ñ tydlose ode aan elegansie en vroulikheid. Die outydse styl, met sy fyn kant en glanserende rooi satyn, bring ñ gevoel van klassieke romanse en waardigheid. Die ingerygde rug herinner my aan die grasie van vorige eras, terwyl dit my figuur op ñ stubiele en stylvolle manier beklemtoon. Hierdie rok laat my nie net mooi voel nie maar dit het my inspireer soos ñ storie wat leef, ñ herinnering wat met trots en liefde geskryf is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is veel meer as net ñ kledingstuk... Dis ñ simbool van my reis, my groei en my unieke styl. Die rooi kleur straal passie en selfvertroue uit terwyl die satyn en kant ñ sagte herinnering is aan my drome en die vrou wat ek besig is om te word en die lig wat in my skyn. Die styl weerspieël my liefde. Ek het hierdie ontwerp gekies met gevoel, ñ hart wat weet wat mooi is en wat my laat voel soos ek voel. Die grootste betekenis is die viering van my mylpaal, my rok is my kroning op my matriekjaar want dis vir my ñ herinnering dat ek deur alles gekom het en nou staan ek trots, gereed vir wat kom!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die foto's saam my geliefdes was my hoogtepunt. My oupa en ouma se teenwoordigheid het ñ gevoel van erfenis en trots gebring want ek is die enigste kleindogter. Hulle oë het geblink van of bewondering of trots...my klein boeties het met opgewonde gesiggies langs my gestaan, blomme oorhandig met "security" outfits. Ouers wat langs mekaar staan, al is ons paaie anders, het hulle elke oomblik saam my eerbiedig en geniet Daardie foto's vang nie net ñ glimlag nie, dit is oomblike wat mens altyd sal onthou.

Planne vir na matriek

Ek wil graag op die skepe gaan werk as ñ Sjef en daarna verder studeer.

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media