Cay-Lee Stols

Hoerskool Oos-moot

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Oos-Moot

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My oorspronkilike idee was om n' rok te kies in juweeltone, aangesien dit van die gewildste kleure van die jaar sou wees. Ek het toe eerder besluit om met 'n heeltemal unieke kleur en besonderse snit te gaan. Dit was anders, aangesien ek nie sommer helder kleure dra nie. Die noupassende voorkoms het my vroulik laat voel. Elegant dog pretvol en gemaklik.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Toe ek dit aantrek, het ek soos ’n nuwe weergawe van myself gevoel, mooi, selfversekerd en vol vreugde. Op daardie oomblik het ek geweet – hierdie is MY rok. Vir my is hierdie rok meer as net materiaal en nate. Die delikate kant en die elegante sleep in die helder pienk het my net laat besef dat drome werklik waar kan word wanneer jy dit die minste verwag. My rok simboliseer ’n begin van ’n nuwe hoofstuk en reis, my reis na volkome vrou wees.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media