Cay-Lee Stols

Hoerskool Oos-moot

Ouderdom

19

Skool

Hoerskool Oos-moot

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

In Januarie 2025 het ek en my "GLANSSPAN" rokke by House of Superior Clothing (HSC) in Pretoria gaan aanpas. Mercia Van Der Walt en haar bekwame span het my gehelp. Die heel eerste rok wat ek aangepas het het my soos n' prinses laat voel. Ek was onmiddelik verlief en het dadelik geweet dis my droom rok.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My oorspronkilike idee was om n' rok te kies in juweeltone, aangesien dit van die gewildste kleure van die jaar sou wees. Ek het toe eerder besluit om met 'n heeltemal unieke kleur en besonderse snit te gaan. Dit was anders, aangesien ek nie sommer helder kleure dra nie. Die noupassende voorkoms het my vroulik laat voel. Elegant dog pretvol en gemaklik.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Toe ek dit aantrek, het ek soos ’n nuwe weergawe van myself gevoel, mooi, selfversekerd en vol vreugde. Op daardie oomblik het ek geweet – hierdie is MY rok. Vir my is hierdie rok meer as net materiaal en nate. Die delikate kant en die elegante sleep in die helder pienk het my net laat besef dat drome werklik waar kan word wanneer jy dit die minste verwag. My rok simboliseer ’n begin van ’n nuwe hoofstuk en reis, my reis na volkome vrou wees.

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media