Catia Conradie
Ouderdom
18
Tuisdorp
Centurion
Skool en dorp/stad van skool
Centurion, Zwartkop
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was ’n kombinasie van Belle se ikoniese geel rok uit Beauty and the Beast en Kate Hudson se onvergeetlike geel rok in How to Lose a Guy in 10 Days, en 'n klein bietjie Catia-Styl. Geel is my gunstelingkleur, en ek het nog altyd gedroom van ’n sagte, romantiese rok wat terselfdertyd elegant en tydloos is. Ek wou hê die materiaal moes vloei wanneer ek loop, met fyn detail, ’n oop rug en ’n hoë spleet om ’n moderne aanslag te gee. Ek wou soos ’n prinses voel, maar steeds soos myself.
