Caro van der Merwe

Hoërskool Overvaal

Tuisdorp

Vereeniging

Skool

Hoërskool Overvaal

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my idees op foto’s saamgevat vir my eerste afspraak en die res oorgelaat in die bekwame hande van Mariska Pfahl Couture in Vanderbijlpark.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Van kleindogtertjietyd af was dit my droom om “emerald” groen te dra met my groot aand en ek het deur die jare daarby gehou.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is ‘n jare-lange droom wat waar geword het. Ek sal my ma ewig dankbaar wees vir al die reëlings en opofferings om te sorg dat alles perfek was vir my spesiale aand.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ons was ‘n groep wat besluit het om ‘n “flash mob” te doen waarvan niemand geweet het. Asook het ‘n paar van ons geskenke oorhandig aan die onserwysers.

Planne vir na matriek

Ek het reeds ‘n werkie gekry by ‘n privaatskool in Vereeniging as assistent juffrou en sien vreeslik uit daarna om my liefde vir kinders uit te leef.

Gunsteling woord in Afrikaans

Katspoegie

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media