Carmi Shaw

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Klopdisselboom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Bloemhof se matriekafskeidtema vanjaar was Bridgerton. Ek was in my noppies! Ek is gek oor die tv reeks en wou nog altyd so ń “ballroom”-geleentheid beleef en soos n prinses lyk, maar natuurlik…met my eie Carmi kinkel in die kabel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Vir my is dit nie net ń rok nie, maar ń kunswerk. Koningsblou was gekies om die ontwerp se gedetailleerde kenmerke meer opmerkend te maak sodat dit die aandag kry wat dit verdien -soos die handgewerkte krale tot die oop gaasrug wat ook met die blinker blommetjiekrale versier is. Al is matriekafskeid verby, hang my rok steeds in my kamer waar ek gereeld die fynwerk waardeer. Gesamentlik simboliseer die rok se ontwerp en koningsbloukleur my unieke eienskappe as Carmi - kalmte, liefdevol en my diep agting vir die natuur.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media