Carmi Shaw
Hoër Meisieskool Bloemhof
Tuisdorp
Stellenbosch
Skool
Hoër Meisieskool Bloemhof
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Genevieve - Genevieve Atelier
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Bloemhof se matriekafskeidtema vanjaar was Bridgerton. Ek was in my noppies! Ek is gek oor die tv reeks en wou nog altyd so ń “ballroom”-geleentheid beleef en soos n prinses lyk, maar natuurlik…met my eie Carmi kinkel in die kabel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Vir my is dit nie net ń rok nie, maar ń kunswerk. Koningsblou was gekies om die ontwerp se gedetailleerde kenmerke meer opmerkend te maak sodat dit die aandag kry wat dit verdien -soos die handgewerkte krale tot die oop gaasrug wat ook met die blinker blommetjiekrale versier is. Al is matriekafskeid verby, hang my rok steeds in my kamer waar ek gereeld die fynwerk waardeer.
Gesamentlik simboliseer die rok se ontwerp en koningsbloukleur my unieke eienskappe as Carmi - kalmte, liefdevol en my diep agting vir die natuur.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Dit was al van gr 8 af my droom om elegant by die rooi tapyt af te stap…en dit het nie teleurgestel nie! Almal wat vir jou juig, die mooiste Bridgertonkostuums en die kos wat smullekker was, het my verwagtinge oortref. Ek en my metgestel het die aand weggedans en al was ek meeste van die tyd in my rok se lang sleep opgeknoop, sal dit ń herhinnering wees wat ek verewig sal koester.
Planne vir na matriek
Ek beplan om Argitektuur by die Universiteit van Kaapstad te studeer. Tussendeur wil ek graag die wêreld reis en al sy wonderwerke gaan verken.
Gunsteling woord in Afrikaans
Klopdisselboom
Datum van matriekafskeid
2025-10-01