Carmen Grobler

Hoërskool Hans Moore

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was geklee deur Talitha van "Talitha Esterhuizen Designs". Sy het al my idees wat ek oor 'n paar jaar bymekaar gemaak het, in 'n perfekte droomrok omskep. Ek het op 'n smaraggroen kleur vir my rok besluit, want dit beklemtoon my oë. 'n "Dutchess" satyn is gebruik vir die basis van die rok met 'n "sequenced tulle" as die hoofmateriaal. Die "sequence"materiaal, was presies uitgeknip en die natuurlike patroon en die vloei van die materiaal, is gebruik om die vorm van my lyf te komplimenteer. Vir die bo-stuk het Talitha vir 'n sagte "off shoulder" neklyn, met lang moue, waarvan die een mou later die aand afgehaal kon word, gegaan. Verder was daar unieke, asimmetriese plooie wat vanaf die regterheup tot oor die linkerskouer gedrapeer was. Vir 'n bietjie elegansie, het Talitha 'n spleet aan die linkerkant gesit wat die ontwerp perfek afgerond het. Die rok beklemtoon my totale menswees; die persoon wie ek is....Dit is 'n klassieke, dog eenvoudige skepping waarvan enige meisie net kan droom...

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Hans Moore

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Uit ondervinding het ek geleer dat 'n sleep pragtig vertoon, maar ondoeltreffend is wanneer jy daarvan hou om te sokkie, daarom het ek besluit op 'n ontwerp wat net tot op my voete hang. Dit moes egter sag, vroulik, klassiek, maar tog ook treffend en stylvol gewees het. 'n Rok wat die oog sal vang en hou...

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is baie moeilik om een spesifieke deel uit te sonder, want die geheeleffek wat die rok geskep het, het my asem behoorlik weggeslaan. Die rok is so ontwerp dat die regtermou afgehaal kan word om sodoende makliker te kan sokkie. Die rok is dus veeldoelig en kan ook in verskillende seisoene gedra word.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media