Carmen Ferreira

Hoërskool Centurion

Tuisdorp

Lyttelton

Skool

Hoërskool Centurion

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Monique van Von Ami Couture het my rok ontwerp

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is vreeslik lief vir n romantiese styl wat my laat voel asof my klein dogtertjie drome om n prinses te wees waar word. Die groen herinner my aan die skoonheid van natuur en die beste van als is dit laat my oë “pop”.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit laat my voel asof ek in n koets kan klim en my gaan vat na my fantasie wêreld. My rok is vir my vreeslik kosbaar nie net omdat dit n pragtige rok is nie maar ook omdat dit n aand van duisende herinneringe dra en ek kan nie wag om hom weer te dra nie. Ek het vir my ma gesê ek wens ek kan in hom slaap, dis hoe gelukkig ek in hom voel!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Daar is teveel om net een hoogtepunt te kies maar een van my heel gunstelinge is definitief toe ek saam al my gunsteling mense die laaste 5 jaar van höerskool kon vier en dans op die liedjie “Hop Hop Spinnekop”. Dit was n absolute jol gewees om saam my matriekafskeid metgesel foto’s te neem, ek het nog nooit so hard gelag nie! Maar ek moet sê ek sal nooit vergeet hoe ek en my beste vriendinne deur die burger king drive through gegaan het na die tyd om roomys te kry nie, in ons rokke en al.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar veterinary technician swot maar my GROOT droom is om eendag n veearts te word. Maar dis alles natuurlik na die matriekvakansie wat ek saam een van my beste vriendinne in die Kaap spandeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Bommelakisie ( dis seker verjeerd gespel maar dis hoe ek dit sê)

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media