Carmen Dicks
Bergsig Akademie
Tuisdorp
Rustenburg
Skool
Bergsig Akademie
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Wilna Young
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was ’n kombinasie van tydlose elegansie en vroulike selfvertroue. Ek wou iets hê wat sag en romanties voel, maar steeds kragtig en uniek is. Die diep wynrooi kleur simboliseer vir my passie en volwassenheid, terwyl die blomdetail ’n sagte, dromerige element byvoeg wat die rok lewendig maak. Ek wou hê my rok moes wys hoe ver ek gekom het – van ’n skoolmeisie na iemand wat gereed is vir ’n nuwe hoofstuk. Dis ’n ontwerp wat vir my sê: stylvol, sterk en trots op wie ek is.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok is vir my ’n uitdrukking van wie ek is — elegant, maar steeds spontaan en uniek. Dit het vir my nie net oor mode gegaan nie, maar oor hoe dit my laat voel het: selfversekerd, gelukkig en mooi.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunte van die matriekafskeid was beslis om alles saam met my ma en my vriendinne te beleef. My ma het my gehelp om reg te maak en was net so opgewonde soos ek — dit het die hele dag nog meer spesiaal gemaak. My vriendinne het ongelooflik mooi gelyk, almal het so uitgestraal en ek was so trots om saam met hulle daar te wees. Ons het soveel gelag, honderde foto’s geneem en tot laat gedans. Dit was regtig een van daardie aande wat ek vir altyd gaan onthou.
Planne vir na matriek
Ná die matriekafskeid het ek nog ’n bietjie tyd saam met my vriende deur gebring en net die laaste oomblikke van matriek geniet. Ons het ń lekker aand saam spandeer om nog ’n paar mooi herinneringe te maak voordat almal in hul eie rigtings ingaan.
Gunsteling woord in Afrikaans
sagmoedigheid
Datum van matriekafskeid
2025-10-01