Carliné Nolte
Eunice High School
Ouderdom
18
Skool
Eunice High School
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het baie rokke aangepas, maar toe ek hierdie rok aanpas, was dit daardie "Cinderella-oomblik". Die kleur, die snit, alles was eenvoudig perfek. Ek het geweet dis die een!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
As klein dogtertjie het ek die Aspoestertjiefliek gekyk en gedink: Ek wil ook eendag so rok hê, net miskien sonder die glas skoene. 'n Kleindogtertjiedroom het waar geword toe ek hierdie rok sien.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek was mal oor die feit dat dit 'n nousluitende rok mét 'n feeverhaal swoesj-swoesh gevoel met die sleep gehad het. Ek het regtig gevoel asof ek uit 'n sprokie gestap het.
Datum van matriekafskeid
2025-10-04