Carlin Keuzenkamp

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Verdoesel

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek sou graag die inspirasie agter my matriekafskeid rok interresant wou gehad het, maar om eerlik te wees het ek net ‘n mooi rok op tiktok gesien en sommer dadelik geweet - daardie rok is my matriekafskeid rok ! Die tiktok was miskien net die inspirasie, maar ek was nog van kleins af lief om my eie rokke te skets. En so is my droom rok tot lewe gebring: met n paar inkleur potlode en ‘n “Top Model” boek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Vir my is die rok ‘n perfekte voorstelling en goeie kombinasie van my menswees. Almal sê altyd dat as hulle ‘n kleur aan my moes koppel, dit ligte pers sou wees. Ek was nog altyd mal oor die Spaanse kultuur en veral daardie tipiese spaanse rokke en wou dit graag in my rok inkorporeer. Ek glo die “frills” verteenwoordig die spontane deel van my persoonlikheid, terwyl die “glitter en bling” op die bostuk my kreatiewe denke simboliseer. Ek wou graag hê dat wanneer ek op die rooi tapyt stap, moes mense “Carlin” raak sien.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media