Carlien Steyn

Hoërskool Noordheuwel

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool

Hoërskool Noordheuwel

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is deur Elrica Steyn (my ma) ontwerp en gemaak en ek het gehelp met die ontwerp en verf van die patrone op my rok.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok kom eintlik van ʼn gevoel om vryheid uit te beeld. Ek is mal oor fantasie en wou dit ook in my rok weergee. Ons kon nêrens ñ rok kry wat hierdie gevoel uitbeeld nie en het toe besluit om die rok self te ontwerp en te maak. Ongelukkig is patrone baie skaars en moes ons die patroon ook self ontwerp het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek wou die fantasie vryheid wat ek voel uitbeeld soos blou vlamme wat maak net wat hulle wil en ook die gevoel van kalmte met die wit-blou ombré effek van die rok. Die idee was dat ek met die kontras van die kalm kleure en die vlammende patrone, ʼn unieke gevoel van beide eteries en dapperheid uitbeeld, soos ʼn prinses wat staan tussen die vlamme maar steeds kan glimlag.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was vir my gewees toe ek met my vriende gedans en gelag het. Dit was ook vir my baie lekker gewees om saam met my vriende my rok van kant tot kant te swaai en in die rondte te draai, wat my laat voel het as of ons prinsesse is wat dans by ʼn fantasie bal.

Planne vir na matriek

Ek wil graag na matriek gaan grafiese ontwerp en animasie swot by Openwindow university, maar as ek nie betyds ʼn beurs kan kry nie, gaan ek maar aangaan met my juwele besigheid wat ek begin het in Graad tien. Die oorbelle wat ek vir my matriekafskeid gedra het, is ook juwele wat ek self gemaak het. Ek bied ook resin werkswinkels aan, waarmee ek volgende jaar sal voortgaan.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fantasie

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media