Carla Vermeulen

Hoërskool Ben Viljoen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Sagte pienk is nog altyd n kleur waarnatoe ek bly terugkeer. Dit beklemtoon my veltoon en gelaatstrekke die beste. Lae sagte chiffon was n móét vir die prinses prentjie wat ek in my kop gehad het. Die deursigtige lae het n sprokie-agtige, wasige silhouette geskep. Die stywer bostuk met blinker aksente was vir my n mooi kontras wat die vroulikheid en sagtheid van die ontwerp beklemtoon het. Ek is absoluut mal oor die boheemse styl van die rok wat totaal in lyn is met my persoonlikheid.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Ben Viljoen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was reeds van klein dogtertjie af totaal gefassineer deur die sprokiesverhale waar die doodgewone meisie vir n aand transformeer in n beeldskone prinses en besef dis eintlik wie sy nog altyd was. Met die regte houding en n rok wat alle fantasieë te bowe gaan het ek geweet my aand sou absoluut "magic" (magies) wees. Hierdie skepping was absoluut die vergestalte van die rok van my drome...en drome was nog altyd my inspirasie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was definitief hoe ek daarin gevoel het. Dit het gevoel soos n droom wat bewaarheid word en alles was perfek. Ontwerpersgewys was die boheemse moue definitef my gunsteling deel. Ek kon dit afhaal of aanhou vir 2 totale verskillende style.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media