Ek het baie rokke op die internet gesien en ook verskillende style gaan aanpas. Op die ou end het my idee begin vorm kry. Ek wou klassiek en eenvoudig gaan maar tog ietsie wat sal uitstaan.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit is vir my baie spesiaal omdat ek van die begin af kon sien hoe die lap, bostuk en kraletjies in 'n pragrok bymekaar gekom het. Elke aanpas sessie was 'n hoogtepunt.