Carla Terblanche

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was nog nooit iemand wat van rokke gehou het nie, ek het gedink ń broekpak gaan beter my persoonlikheid pas. Die blink kant materiaal van wat die boonste gedeelte gemaak is komplimenteer die broek en maak dit elegant en stylvol. Die halternek van die kraag maak die skouers meer oop. Van die nek af is die hele rug sigbaar en kom bymekaar met hand vasgewerkte knope. Die broekspype se snit verleng die uitrusting wat dit meer uniek maak. Die uniekheid is ń uitblinking van my persoonlikheid wat nog nooit bang was om myself te wees ongeag wat ander mense dalk mag dink nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Om gemaklik en gerieflik in my lyf en rok te voel en wanneer ek in die spieël kyk te kan sê “ja hierdie is werlik ek”

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die boonste gedeelte wat van kant gemaak is en wat dan heeltemaal oop is agter

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media