Carla Roux

HTS Drostdy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die nou passende bolyf is oorgetrek met gedrapeerde materiaal met 'n satynband in die middel. Die vloeiende romp klok uit tot by die soom. Drie dimensionele blomme in geel en blou is oor die hele rok versprei en rank af teen die romp tot op die soom. Die geel blomme is 'n mooi kontras teen die blou agtergrond van my rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HTS Drostdy

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My persoonlikheid was die inspirasie agter die ontwerp van my rok. My droom was dat my rok my persoonlikheid moes uitbeeld. My ontwerper, Alec Roux Couture, het my persoonlikheid perfek vasgevang in die ontwerp en maak van die rok. My droom rok beeld eienskappe van vreugde, vrolikheid en vriendelikheid uit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is verseker die helder geel, vrolike blomme. Daarmee saam het my rok ook baie gemaklik gesit wat bygedra het tot die belewenis van die aand.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media