Carla Botha

Hoërskool Swartland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is absoluut my droom rok, van prent tot in werklikheid! My rok het oor ‘n maand gevat om gemaak te word en ons het heen en weer geworstel met die snit. My rok se onderlap is ‘n ligte sjampanje kleur wat bedek is met ‘n deursigtige perel lap. Dit is ‘n full flare met ‘n A lyn snit ingelas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Swartland

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het gekom van ‘n doodgewone dinsdag aand braai in graad 10. Terwyl ek, my ma en my tannie om die eetkamer tafel gesit het, het ‘n prent op gekom en dit was daardie oomblik wat ons geweet het, DIT is hoe my rok gaan lyk vir my matriekafskeid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok moet verseker my rug wees gepaard met my ‘balloon-sleeve’ moue!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media